FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Copa Confederaciones México ’99
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Meksiko Meksiko
Datums 24 Julie – 4 Augustus
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 2 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Meksiko Meksiko (1 titel)
Tweede plek Vlag van Brasilië Brasilië
Derde plek Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vierde plek Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 55 (3.44 per wedstryd)
Bywoning 970 000 (60 625 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Meksiko Cuauhtémoc Blanco
Vlag van Brasilië Ronaldinho
Vlag van Saoedi-Arabië Marzouk Al-Otaibi (6 doele elk)
Beste speler Vlag van Brasilië Ronaldinho
1997
2001

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 (Spaans: Copa Confederaciones México ’99; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 24 Julie tot 4 Augustus 1999 in Meksiko aangebied. Dit was die tweede sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Die gasheer Meksiko het die toernooi gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Brasilië in die eindstryd geklop het. Die Verenigde State het in die derde en Saoedi-Arabië in die vierde plek geëindig. Dit was die tweede toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die vorige 1997- en die twee daaropvolgende 2001 en 2003-toernooie ingespan, maar daarna weer geskrap.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy